Jy besluit.
Waar en hoe het daardie filet mignon op jou bord beland? Ons wil graag stof tot nadenke gee, ekskuus die woordspeling.
Jagters is eintlik van die groenste mense ter wêreld. Die uitdunning, ook bekend as oes, word met die grootste presisie, waardigheid en ordentlikheid gedoen. Die diere loop vry in die natuur, waar fauna en flora saam hul gang kan gaan, in vrede en harmonie. Die vlaktewild leef sosiaal en emosioneel saam en het die beste, voedsaamste dieet wat ‘n mens kan vra.

Jag is goed vir die omgewing: dit beskerm sekere plantspesies en verseker die voortbestaan van toekomstige geslagte vlaktewild, sodat daar genoeg kos vir die volgende seisoen is. Hierdie diere is gespaar van die aaklige, beknopte toestande van fabrieksboerdery, om nie eers te praat van die gehalte proteïen wat ‘n mens inneem nie. Professionele jagters is kundige skuts, sodat die dood oombliklik is. Jag of oes word net in die winter gedoen, wanneer die diere nie dragtig is nie, om die kleintjies te beskerm.
Daardie pragtige, opvallende leerhandsak is dus soveel meer as wat die oog sien. Dit is deel van ‘n eens vrye, wilde dier wat toegelaat is om sy lewe ten volle te leef. Jy word deel van die kringloop van die lewe en raak bevriend met Moeder Aarde in al haar volheid en rouheid. Daardie belt om jou middel help om ons delikate jagbedryf aan die gang te hou, waar plaaslike mense gevoed en geklee word. Jy is deel van iets veel groter as jouself: jy is deel van Afrika en sy veeltalige, veelvolkige mense.
God seën Afrika.