‘n Looiery is ‘n plek waar diervelle verwerk word. Om leer te looi behels ‘n proses wat die proteïenstruktuur van ‘n dier se vel permanent verander. Looiing kan met plantaardige of minerale metodes gedoen word, en velle kan ook chroomgelooi word.
Die vervaardiging van leer word in drie subprosesse verdeel: die voorbereidingstadiums, looiing en afwerking (crusting). Alle egte leer gaan deur hierdie subprosesse. ‘n Verdere subproses, die oppervlakbedekking, kan by die volgorde gevoeg word. Watter bewerkings leer ondergaan, wissel na gelang van die soort leer wat vervaardig word. Die plantaardige looiproses word gebruik vir lyfbande, skoene, riempies en sommige sakke, terwyl minerale looiing hoofsaaklik vir wildsvelle gebruik word.

Verwerking en Looiing van Rou Wildsvelle
Oasis Tanning Company is wêreldwyd bekend vir ons uitstekende gehalte looiing en verwerking van alle eksotiese wildsvelle, groot en klein. Ons jare se ervaring in jag, preservering en looiing verseker die beste moontlike eindresultaat. Ons is trots op ons werk en het duisende tevrede kliënte wat jaar ná jaar hul jagtrofeë aan ons toevertrou. Ons vervaardig ook op versoek verskeie items van die wildsvelle; kyk gerus na ons galery.
