Hoekom Moet Jy Jou Dier se Vel Preserveer?

WAT IS DIE DOEL VAN PRESERVERING?

Die doel van preservering is om afgeslagte huide en velle teen mikro-organismes te beskerm en dit vir ‘n lang tyd stoorbaar te maak. Daar is baie metodes, maar onthou: as jy die preservering uitstel, gaan jy aan die einde van die dag teleurgesteld wees. Dit neem net 6 uur vir bakterieë om die wortel van die haar te vernietig, wat haarverlies veroorsaak, en so verloor jy wat ‘n pragtige vel kon gewees het.

Preservering

BASIESE RIGLYNE OM JOU DIER SE VEL TE PRESERVEER

• Slag die dier so gou moontlik ná die skoot af.
• Verwyder alle oortollige vet, bloed en vleis.
• Was al die bloed en vuilgoed van die vel af.
• Indien moontlik, week die vel vir minstens 3 uur, of nog beter oornag, in ‘n versadigde soutoplossing (sowat 20 kg sout per 100 liter water) saam met ‘n bakteriedoder (Dettol, sowat 50 ml per 100 liter water).
• Haal die vel uit die oplossing, maak dit oop en lê dit plat op ‘n skoon oppervlak met die vleiskant na bo, en bedek die hele oppervlak goed met sout.

WENKE

As riglyn is dit belangrik om dieselfde hoeveelheid sout as die gewig van die vel te gebruik. Die vel moet minstens 3 dae in sout lê, waarna dit uitgedroog moet word. Daar is niks fout daarmee om ‘n vel in die son te droog nie, en hoe gouer die vel ontwater is, hoe beter. As daar nie genoeg tyd is om die vel behoorlik te droog nie, moet die vel in sout opgerol en by die bestemming gedroog word. Vir enige raad of hulp is jy welkom om Oasis Tanning Company te kontak.

Oasis Tanning Company is daartoe verbind om uitnemende diens te lewer deur eksotiese velle, insluitend ‘n verskeidenheid wildsvelle, en plantaardig gelooide leer volgens die hoogste gehalte en standaarde ter wêreld te looi.

Hou jy van hierdie artikel?

Deel op Facebook
Deel op Twitter
Deel op LinkedIn
Deel op Pinterest